Hoërskool Hopefield - Weskusskool van Keuse

~ HSH Klub160+ ~

Hopefield Hoerskool se glansgeleentheid: die jaarlikse dinee vir borge van HSH.

Klub 160+         Hoe kan ek help?         Wat kry ek?         Borge         Alumni         Doelwitte         Ondersteunersdrag

Kom ondersteun HSH en baat daarby!
HSH samel fondse in om te help om ons die mees bekostigbare gehalte-opvoeding aan die Weskus te hou

Ondersteun HSH via Klub160+

HSH was op 1 April 2016 160 jaar oud!

Op die inisiatief van Johan Coetzé het die Skoolbeheerliggaam 'n vrywillige fondsinsamelingsklub gestig wat gemik is op die wyer gemeenskap van HSH. Die naam van die klub, Klub160+, dui aan op die deurlopende betrokkenheid van die groeiende groep oud-leerlinge sowel as ouers, gemeenskapsleiers, besighede, sport- en kulturele ondersteuningsorganisasies en ander belanghebbendes.

Die Klub 160+ lidmaatskap inisiatief was bekendgestel vir die uitsluitlike doel om ons skool se ouers te betrek by ons skool se Doelwittefonds.

Die Departement van Onderwys het slegs 3% van ons bedryfskostes in 2019 gedek, dus maak die skool staat op borgskappe, skenkings, fondsinsamelings en die gereelde betaal van skoolfooie om die tekort aan te vul.

Daarbenewens doen HSH konstant opgradering van onder meer fasiliteite en elektroniese toerusting sodat ons kan volhou met die uitstekende akademiese opvoeding en prestasie van die skool. HSH streef ook voortdurend daarna om die heel beste onderwyspersoneel moontlik aan te stel.


Staan HSH by op verskeie Maniere:

  • Die belangrikste manier om betrokke te raak (en te bly) by HSH, om ons skool 'n "Skool van Uitnemendheid" te behou is deur jou skoolgeld getrou en betyds te betaal!
  • As jy vrygestel is van skoolgeld, om jouself uit te daag om die vrywillinge (nie-afdwingbare) maandelikse Resolusie #1 geld te betaal.
  • Jy kan ook registreer as 'n Klub 160+ lid deur die Vrywillige Bydrae Vorm te voltooi.
  • As 'n Klub 160+ lid bied jy jou professionele kundigheid en/of arbeid gratis aan vir HSH soos/wanneer benodig; en/of maak jy 'n baie nodige eenmalige of geskeduleerde finansiële bydrae tot die HSH Doelwittefonds.
  • NB: Bydraes wat gemaak word tot HSH se Klub 160+ Doelwittefonds kan onder geen omstandighede later herlei word na ‘n leerder se busfooie, skoolgelde of enige ander doel as waarvoor dit aanvanklik bedoel was nie. Belastingsertifikate kan op aanvraag beskikbaar gemaak word.
  • Borg van ons sportspanne (laat jou maatskappy se logo prominent verskyn op ons sportklere sowel as op ons baie gewilde webwerf).
  • Help met fondsinsamelings: Borg pryse en help met organisering.
  • Neem 'n kind aan: Borg 'n behoeftige leerder se skoolgeld, koshuisgeld, skoolklere en/of sportdrag.
  • "Old Boys- and Girls Union": Hou hierdie ruimte dop...
  • Ons almal deel die prysenswaardige doel om Hoërskool Hopefield die skool van uitnemendheid te hou!


HSH Alumni raak betrokke by leerlinge se opvoeding en ontwikkeling.

Ons hoogs gewaardeerde HSH-Borge

HSH is uiters dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning wat ons van ons skenkers en borge ontvang!

Ons waardeer enige vorm van hulp. Ons sê dankie vir enige iets wat u kan bied!

Ons beste borge (in terme van monetêre waarde) word prominent in die banier onderaan elke webblad vertoon en alle borge verskyn in ons aflaaibare PDF-borgelys. Dis soms 'n uitdaging om hierdie lys op datum te hou; dus, as u naam nie op die lys van huidige borge verskyn nie, of as u kontakbesonderhede nie op datum is nie (en u het nie versoek om dit uit te sluit nie), laat weet ons gerus!

Om prominent in ons webblad se onderste banier te verskyn, sal u 'n huidige borg moet vervang deur hul borgskapwaarde te oortref. Gesels vandag met ons om uit te vind wat dit behels. Hierdie hoogs waardevolle, prima digitale blootstelling vir u handelsmerk is wesenlik beskikbaar op 'n deurlopende veilingsbasis.

Ons leerlinge gaan na skool 'n moordende wêreld tegemoet en ons het u borgskap nodig om hulle goed toe te rus vir die toekoms.

Alumni van Hoërskool Hopefield

Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning van die Alumni van HSH, wat die voortgesette onderwys en ontwikkeling van HSH-leerlinge moontlik maak.

Is u dalk 'n oud-HSH leerling wat graag nou wil help om 'n nuwe geslag leerlinge se potensiaal te slyp? "Pay it Forward!"

Ons waardeer alle ondersteuning, hetsy dit 'n Klub 160+ lidmaatskap, skenking van vaardighede, of die borgskap van 'n sportspan behels. Span saam met die res van u matriekklas en vermag iets besonders!


HSH Alumni raak betrokke by leerlinge se opvoeding en ontwikkeling.

Besigheidsleiers wat prominente blootstelling verlang - dink gerus daaraan om 'n handelsmerk aan n HSH sportspan te verbind

Kan u bydra tot die volhoubare sukses van HSH?

Klub160+ Prestasies en Doelwitte

Klub 160+ is ‘n subkomitee van die Beheerliggaam en het slegs ‘n raadgewende en ondersteunende funksie. Besluitneming en goedkeuring van enige projekte, inisiatiewe en befondsing berus by die Beheerliggaam. Die Klub 160+ komitee is verantwoordelik vir die bestuur en bedryf van die Klub 160+ strategie en vir die evaluering, koördinering en effektiewe bestuur van projekte.

Klub160+ het in 2019 die volgende mikpunte behaal:

  • Sportvelde: braaigeriewe by sportkafee, nuwe skryfborde, opgradering van krieketblad en -nette, rehabilitasie van rugby- en hokkievelde, besproeiing is opgradeer, aanplant van 45 bome by sportgronde, Verf van krieketkleedkamers, plaveisel by sportgronde, nuwe bankies by tennisbane, heining om besproeiingsdam by sportgronde, skuif van gewigstoot, diskus en hamergooisirkels.
  • Swembad: besproeiing is opgradeer.
  • Skool: uitverf van klaskamers en kleedkamers, nuwe skryfborde, opgradering van kamerastelsel, besproeiing is opgradeer, aankoop van dataprojektors, nuwe voorhek, Graad 3 klas se vloer vervang met vinielhoutbedekking, installering van 8 lugversorgers in klasse, installering van LED-ligte in sommige klaskamers, verf van saalgebou en saaldak, suidelike vleuel van skool geverf, oostelike vleuel se houtdeure afgeskuur, klanktoerusting aangekoop, geute herstel en skoongemaak, nuwe bankies op speelgronde & deurlopende herstelwerk.
  • Koshuise: 'Huis Eureka' se TV kamer is opgradeer.
  • Busdiens: aankoop van ‘n splinternuwe 65 sitplekbus, alle roes verwyder van HSH1 en sitplekke vervang en algemene opgradering voltooi.

Ons belangrikste 2020 doelwitte:

  • Die vergroting van ons pawiljoen.
  • Om 'n mini-astro te bou.
  • Om ons elektrisiteit op te gradeer.
  • Om plaveisel aan te bring by die nuwe vierkant.

Ondersteunersdrag

HSH bied aantreklike ondersteunersdrag vir ons ouers, borge en vriende om te dra.

Dit bied 'n wonderlike manier om die skool te ondersteun en terselfdertyd te bemark!

Dra gerus die HSH drag met trots na sportdae of kultuurgebeurtenisse. Die ontwerp is so deftig dat dit na amper enige geleentheid gedra kan word. Dis 'n goeie advertensie vir ons skool!


Ondersteunersdrag:

  • Mans en Dames "Softshell" Baadjies (S - 5XL)
  • Mans en Dames "Stradford" Baadjies (S - 5XL)
  • Unisex Solo Golfhemde (S - 5XL)
  • Le Coste pet donkerblou
  • "Buffs" (beskikbaar by skoolbiblioteek)

Bestel direk by Eldorina in Vredenburg:

  • 17b Prosesstraat, Vredenburg, 7380
  • Tel: 022 713 1821
  • Faks: 022 713 2186
  • E-pos: eldorina@telkomsa.net

U kan eers by Eldorina aanpas, of bestel deur middel van die bestelvorm (sien skakel onder), soos u verkies.

Betaling word direk aan Eldorina gemaak.

U bestelling kan gewoonlik binne 2 weke afgehaal word.


Dra HSH ondersteunersdrag met trots

HSH se ondersteunersdrag kan by Eldorina bestel word en met gemak gedra word