Weskushoerskool, Weskuslaerskool, weskus skool - die skool in die Weskus op almal se lippe.

Hoërskool Hopefield - Weskus Skool van Keuse

Hoërskool Hopefield aan die Weskus van die Wes-Kaap bied u die ontmoontlike: klein klasse, uitstekende onderwysers, sterk leierskap, bekostigbare skoolfooie en meestal 'n 100% slaagsyfer.

Hoërskool Hopefield (ook 'n Laerskool) is 'n parallelmedium, ko-ed "regeringskool" wat 760 leerders van Graad R tot 12 bedien.

Sedert 1855 gaan leerlinge uit die hele Weskusgebied (Hopefield, Langebaan, Langebaanweg, Saldanha, Vredenburg, St Helenabaai & Velddrif), by HSH skool. Dit word moontlik gemaak deur HSH se uitstekende busdiens en bekostigbare koshuise na aan die skool, vir seuns en dogters afsonderlik.

Hoekom HSH? Gewone dinge word buitengewoon gedoen!

  • 100% matriekslaagsyfer
  • 100% vrystelling tot 'n tersiêre instelling
  • Baie hoë universiteitsvrystelling
  • Relatief klein klasse: gemiddeld 25-30 leerders per klas
  • 40 Onderwysers bied 60+ Voor- en Nagraadse kwalifikasies
  • Verskeidenheid Vakkeuses maak meer loopbane moontlik
  • Toeganklik via bekostigbare Koshuise en Busdienste
  • Ons blink uit in Kultuur en by Eisteddfods
  • Geprivatiseerde Musiekskool bied uitstekende musiekonderrig
  • Ons sportgeriewe skep Provinsiale atlete en meer
  • HSH-leierspan bied 200+ jaar se ondervinding tussen hulle
  • Outydse dissipline, Toekomsgerigte waardes

HSH is trots op 'n roemryke geskiedenis en blink toekoms. Ons Alumni het hul merk in die wêreld gemaak en ons stel jaarliks nog 'n sarsie goed gebalanseerde matrieks vry - kom skitter saam.

Akademiese Trots

Relatief klein klasse, toegewyde onderwysers en 'n kultuur van uitnemendheid laat ons pronk met goeie akademiese prestasies, slaagsyfers en vrystellings. Loer na ons vakkeuses om te sien of dit u doelwitte pas.

Sport-entoesiaste

Ons leerders presteer op Provinsiale vlak en verder. Ons fasiliteite & afrigting verbeter steeds; ons kultuur van deelname is besonders. Kyk gerus na die binnehuise en eksterne sport wat ons passievol bevorder.

Veelsydige Kultuur

Leerders kan kies uit 'n verskeidenheid kulturele aktiwiteite en Eisteddfod deelname is hoog. Ons geprivatiseerde musiekskool ontwikkel puik musikante. Ons help graag met sosiale en gemeenskapsprojekte.

Bekostigbare Koshuise

Huis Walters en Huis Eureka koshuise maak dit al vir amper 100 jaar moontlik vir afgeleë leerders om gehalte opvoeding te geniet. Koshuislewe help kinders om sterk sosiale bande te vorm en om makliker aan aktiwiteite deel te neem - in 'n veilige, plattelandse atmosfeer.

Trots op HSH-Busse

Ons uitgebreide busdiens vervoer leerders vanaf Langebaan, Langebaanweg, Saldanha, Vredenburg, St Helena Baai, Velddrif en omliggende gebiede sodat almal die geleentheid het om 'n puik skool met opwindende akademiese, kultuur en sportonderrig te kan bywoon.

Ons Mense

Die sukses van Hoërskool Hopefield berus by die hoë kaliber persoon in ons skoolleierskap en Beheerliggaam, sowel as toegewyde onderwysers wat ons leerders onderrig. Ons is baie trots op ons geskiedenis wat steeds sigbaar is in lae personeelomset en uitstekende resultate.

HSH Inleiding

Kyk gerus na hierdie kort video (4:16) oor HSH om 'n gevoel te kry vir hoe ons die gewone dinge buitegewoon doen.

HSH se Visie:

'n Skool van uitnemendheid waar die volle potensiaal van elke leerder bereik word.

HSH se Motto:

Meliora Sequor (Ons strewe na uitnemendheid!)

Aangesien die Departement van Onderwys slegs 3% van ons bedryfskoste dek, bereik ons uitnemendheid deur middel van die ongelooflike ondersteuning van ons ouers en borge!

Die HSH wapen - met trots gedra

HSH se Missie

Ons strewe vir leerders & personeel is om:

  • elke kind holisties tot volwassenheid te lei.
  • 'n positiewe selfbeeld en goeie selfbeheersing te skep.
  • leerders voor te berei vir verdere studie in hul gekose loopbane.
  • 'n veilige en bevorderlike skoolomgewing te bied.
  • 'n positiewe uitkyk en Christen-gebaseerde waardes aan te wakker.
  • die waardigheid van almal met verdraagsaamheid en deernis te handhaaf.
  • trots en lojaliteit teenoor HSH, onderwysers en mede-leerlinge te kweek.
  • professioneel teenoor kollegas, ouers en leerders op te tree.
  • ons ouers by die skoolmilieu te betrek.

"As 'n matriekleerling van 1967 was ek so trots vandag toe my seun my vertel van die atmosfeer, gees van welwillendheid, vriendelikheid, samewerking ens wat hy ervaar het tydens die interskole en die skoolkonsert. Sý seun is nou by HSH op skool. Ek kon vir hom eerlik antwoord dit was van die begin af, baie jare terug toe my Pa daar was, al die beste skool. Baie dankie dat soveel kinders daar gevorm en goed voorbereid die lewe ingestuur word. Hartlike dank, HSH-opvoeders, oor baie jare heen, vir 'n onselfsugtige liefdesdaad... Meliora Sequor." - Gerda Janse van Rensburg (via Facebook)


"Ek wil met 'n trotse hart dankie sê vir jul positiewe insette in ons kinders se lewens, in hul opvoeding. Dankie aan elke personeellid, onderwyser tot skoonmaker, wat mens elke oggend met soveel respek groet. Dankie vir die geduld en tande kners met elke leerling se eie (soms sterk) persoonlikheid. Ek is vandag 'n ongelooflike trotse mamma van 'n HSH-kind wat deel is van so 'n ongelooflike mooi skool." - - Sumarie Dettmer