Weskusskool met koshuisgeriewe; Weskus skoolkoshuis; koshuise in die Weskus - so dien HSH die hele Weskusgebied.

Hoërskool Hopefield Koshuise

Kwaliteit Weskusopvoeding met behulp van HSH se goed toegeruste en bekostigbare koshuise: Huis Eureka vir Meisies & Huis Walters vir Seuns. Ons koshuise is na aan die skool, goed toegerus en bied 'n familiegevoel wat 'n mens nie sommer by 'n skoolkoshuis kry nie.

Tensy 'n skoolbyeenkoms spesiale reëlings vereis, gaan leerders elke naweek huis toe.

Vergeet gerus u eie koshuisnagmerries! Hierdie koshuise bied skoolhuisvesting van baie hoë gehalte.

Huis Eureka afsprake:
Tel 082 466 1846.

Huis Walters afsprake:
Tel 082 779 3328.

Meisieskoshuis: Huis Eureka

Sedert 1939 toe Huis Eureka gebou is, het talle meisies toegang geniet tot 'n Weskusopvoeding van die hoogste gehalte, gebied deur Hoërskool Hopefield. 'n Gevoel van aanvaarding, struktuur en nabyheid aan die skool het 'n gelukkiger, meer ontspanne leerder tot gevolg.

By Hoerskool Hopefield sal koshuiskos u verwagtinge oorskry!

Huis Eureka Kenmerke

Huis Eureka is vandag die tuiste van ongeveer 50 Graad 7-12 HSH-dogters vanoor die hele Weskus en selfs verder weg. Hulle geniet die familie-gevoel en gedissiplineerde struktuur waarbinne hul steeds uitdrukking kan gee aan hul individualiteit.

Om beter fasiliteite vir u dogter te kry teen dieselfde prys, sal moeilik wees: ruim en skoon geriewe, toegang tot rekenaars, 'n koel studiesaal, rustige ontspanningsareas, goedbeplande etes en verskeie onderwysers wat self in die koshuis tuisgaan en graag help met ondersteuning en leiding van die jong dames.

Die koshuis is 'n blok vanaf die skool en swembad geleë, en 'n kort stappie vanaf die sportgronde.

HSH koshuise is jou manier om 'n kwaliteit opvoeding in die weskus aan jou kind te verskaf

Hoekom Huis Eureka?

Huis Eureka word uitstekend bestuur, is goed geplaas en werklik een van die mooiste koshuise aan die Weskus. Opgraderings vind gereeld plaas, soos toegelaat deur die begroting.

Ouers sal sukkel om self hul kinders te vervoer en te voed teen dié billike koshuistariewe! Koshuisverblyf is ook gerieflik en help u kind met haar sosiale integrasievaardighede.

Dis in leerders se belang om 60-100 minute per dag wat op vervoer spandeer sou word, eerder op sport of studies te fokus!

Die HSH-meisieskoshuis bied 'n rustige, skoon omgewing waarin leerlinge vriendskapsbande smee en gemaklik saamwerk aan skoolprojekte.

Hopefield hoerskoolkoshuise is ruim en goed belig.

Huis Eureka Fasiliteite

Huis Eureka bied:

  • Ruim koshuiskamers met oorgenoeg pakplek
  • Groot, goed bestuurde kombuis met gebalanseerde etes
  • Ruim, verwelkomende eetsaal
  • Skoon ablusiegeriewe en badkamers
  • Goed beligte, koel studiesaal plus Rekenaarsentrum met internettoegang
  • Gerieflike, ruim ontspanningskamer vir saamkuier
  • Goedversorgde tuine vir vars lug & sonskyn
  • Onderwysers wat inbly, help met ondersteuning & kontinuïteit van HSH se etos
HSH boys hostel Huis Walters has provided several generations of boys access to quality education.

Seunskoshuis: Huis Walters

Huis Walters se indrukwekkende geskiedenis begin in 1928. Ons hou trots rekening van die groot aantal kinders wat oor die jare as gevolg van die koshuis toegang verkry het tot die beste skool aan die Weskus. Veiligheid, struktuur en kameraadskap maak dit 'n gelukkige basis vir werk, speel en manword.

HSH senskoshuis Huis Walters het al verskeie generasies seuns gehuisves vir 'n kwaliteit opvoeding.

Huis Walters Kenmerke

Vandag huisves Huis Walters HSH-seuns vanoor die hele Weskus en selfs verder weg, vir Graad 7-12. Dit is 'n veilige, gedissiplineerde en gestruktureerde omgewing vir seuns en daar heers 'n gemoedelike gees wat ruimte laat vir speeltyd en die uitdrukking van individualiteit.

Hierdie soliede ou gebou bied 'n uitsig oor Hopefield se fynbos en windplaas, wat 'n plaasgevoel skep. Die koshuistuine is mooi en die geriewe is ruim. Die koshuis is twee blokke vanaf die skool en swembad geleë; en binne stapafstand vanaf die sportgronde.

Die kombuis is silwerskoon en goed toegerus. Kundige kokke weet hoe om aan groeiende seuns se eetlus te voldoen met goed gebalanseerde maaltye. HSH se etos word uitgebeeld deur die onderwysers wat self in die koshuis bly.

Ouers sal nêrens 'n meer bekostigbare en gerieflike koshuisbasis vir hul seuns vind nie. Dis 'n veilige hawe weg van die huis af.

Soek u 'n weskusskool met koshuis wat bekostigbaar is?  HSH se Huis Walters vir seuns is die antwoord!

Waar Seuns Mans Word

Leierskapsontwikkeling word beklemtoon in Huis Walters. Seuns vorm sterk vriendskapsbande en leer verdraagsaamheid, samewerking en sportmangees. Die sukses van hierdie pogings toon in die aantal koshuisseuns wat vir die Leerlingraad verkies word.

Huis Walters lê ook groot klem op akademiese prestasie en seuns moet hul plek vol te staan. Laerskool leerders kry spesiale aandag.

Die skool- en koshuisprogramme is gesinchroniseer sodat maksimum deelname aan sport, kultuuraktiwiteite en sosiale aktiwiteite kan plaasvind.

Ouers sal sukkel om self hul kinders te vervoer en te voed teen dié billike koshuistariewe!

Dit is in leerders se belang om die 60-100 minute per dag wat op vervoer spandeer sou word, eerder op sport of studies te fokus!

Eet lekker by HSH koshuise!

Huis Walters Fasiliteite

Huis Walters bied:

  • Ruim koshuiskamers met oorgenoeg pakplek
  • Skoon ablusiegeriewe en badkamers
  • Ruim, goed ingerigte studiesaal
  • Rekenaarsentrum met internettoegang wat huiswerk en projekte vergemaklik
  • Ontspanningsgeriewe met biljardtafel en TV
  • Pragtige tuine vir baljaar
  • Onderwysers wat inbly help met die kontinuïteit van HSH se etos
  • 'n Vriendelike, ondersteunende familie-atmosfeer!