HSH is 'n uitblinkskool op akademiese gebied - een van die redes waarom Hoërskool Hopefield beskryf word as "die beste Weskusskool". Ons uitmuntende onderwysers en leerders het 'n akademiese standaard daargestel wat deurentyd presteer.
HSH spog met 'n 100% matriekslaagsyfer, 100% vrystelling tot 'n tersiêre instelling en 'n baie hoë universiteitsvrystelling.
Ons relatief klein klasgroottes vorm deel van ons wenformule: ons strewe na Laerskoolklasse met 'n gemiddeld van 30 leerders en ons Hoërskoolklasse met 'n gemiddeld van 25 leerders per klas.
HSH bied die volgende vakke wat u verder kan verken hieronder:
Verslae met nuutste uitslae:
HSH Akademiese dokumente om af te laai:
In 2025 het ons matrieks as volg presteer:
In 2024 het ons matrieks as volg presteer:
2023: 100% matriekslaagsyfer; Universiteitsvrystelling: 93%; A-gemiddeld: 9 leerders; B-gemiddeld: 22 leerders. HSH se Wiskundige Geletterdheid 1ste plek in die Weskus; Besigheidstudies 7de plek in die Wes-kaap; Wiskunde op die lys van toppresterende skole in die Wes-Kaap met 'n klas-gemiddeld van 61.4%; Afrikaans AT 5de plek in Suid Afrika!
2022: 100% matriekslaagsyfer; Universiteitsvrystelling: 89%; A-gemiddeld: 3 leerders; B-gemiddeld: 22 leerders. HSH in Suid-Afrikaanse Top 20 vir Wiskundige Geletterdheid; Afrikaans AT & Afrikaans HT no 5 & 19 in die Wes-kaap; en Toppresterende skool in die Weskus! Eksterne Sistemiese Toetse: ons Gr 3 was 49% hoër, Gr 6 was 34% hoër & Gr 9 was 56% hoër as die provinsiale gemiddeld.
2021: 100% matriekslaagsyfer; Tertiêre instansie vrystelling: 100%; A-gemiddeld: 6 leerders; B-gemiddeld: 25 leerders. HSH in Suid-Afrikaanse Top 20 vir Afrikaans HT!
2020: Universiteitsvrystelling: 91.5%; A-gemiddeld: 8 leerders; B-gemiddeld: 24 leerders. HSH in Wes-Kaap Top 20 vir Wiskunde & 3de in Wes-Kaap vir Gr 12 Afrikaans AT! Eksterne Sistemiese Toetse: ons Gr 3 was 34% hoër, Gr 6 was 23% hoër & Gr 9 was 35% hoër as die provinsiale gemiddeld.
2019: Universiteitsvrystelling: 80%; A-gemiddeld: 5 leerders; B-gemiddeld: 17 leerders. HSH in Wes-Kaape Top 20 for Wiskunde & Nasionale Top 20 vir Gr 12 Afrikaans HT.
2018: Universiteitsvrystelling: 79%; A-gemiddeld: 4 leerders; B-gemiddeld: 15 leerders.
2017: Universiteitsvrystelling: 77%; A-gemiddeld: 3 leerders; B-gemiddeld: 22 leerders.
2016: Universiteitsvrystelling: 76%, A-gemiddeld: 7 leerders; B-gemiddeld: 13 leerders.
2015: Universiteitsvrystelling: 62%; A-gemiddeld: 3 leerders; B-gemiddeld: 18 leerders.
2014: Universiteitsvrystelling: 67%; 1 leerder in Wes-Kaapse Top 20 uit 49 000!
Alle Grade kan musiek en kuns by eksterne instansies neem; vir die meer senior grade tel dit as deel van amptelike vakpunte.
Graad R - 3 leerlinge ontvang onderrig in die grondslagfase voorgeskrewe vakke.
Graad 4 - 6 leerlinge ontvang onderrig in die intermediêre fase voorgeskrewe vakke.
Graad 7 - 9 leerlinge ontvang onderrig in die seniorfase voorgeskrewe vakke.
Graad 8 en 9 leerlinge ontvang onderrig in: Engels en Afrikaans (een as huistaal, die ander as addisionele taal), Lewensoriëntering, Wiskunde, Lewenswetenskappe, Sosiale wetenskappe, Ekonomiese Bedryfswetenskappe, Tegnologie en Skeppende Kunste.
Graad 10-12 leerlinge kies een vak uit elkeen van die volgende 7 vakgroepe (aanlegtoetse word sterk aanbeveel):
Suiwer Wiskunde maak gebruik van simbole en notasies om numeriese, grafiese en geometriese verhoudings te omskryf.
Wiskundige Geletterdheid is geskik vir leerders wat wiskunde net tot matriek neem, dog leer hul steeds om te kan redeneer, besluite te neem, probleme op te los en hulpbronne te bestuur.
Die studie van Fisiese Wetenskap behels die ondersoek van fisiese en chemiese verskynsels deur die toepassing van modelle, teorieë en wette. Die doelwit is om gebeurtenisse in ons fisiese omgewing te kan verduidelik en voorspel.
Hierdie vak bevat 'n praktiese komponent wat eksperimente en spesiale projekte insluit.
Lewenswetenskappe bestudeer lewendige organismes vanuit 'n molekulêre oogpunt, asook hul interaksie met mekaar en hul omgewing.
Hierdie vak bevat 'n praktiese komponent wat eksperimente en spesiale projekte insluit.
Engels of Afrikaans as Huistaal ontwikkel taalvaardighede vir werk, sosiale situasies en om Gr 12 te kan baasraak.
Afrikaans of Engels as Eerste Addisionele Taal neem aan dat die kind min kennis van die taal het wanneer hulle skool begin. Die eerste skooljare ontwikkel basiese gesels-vermoë in die taal. Geletterdheid word op hierdie fondament gebou, sodat leerders dit op sosiale en tertiêre vlak sal kan gebruik.
'n Interaktiewe manier vir leerders om Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde buite die klaskamer te verken. Nuuskierigheid, kreatiwiteit en veerkragtighei word aangemoedig, idees kom tot lewe, en studente ontwikkel praktiese vaardighede vir 'n vinnig veranderende wêreld.
Die jaarlikse SAICE (Suid-Afrikaanse Instituut van Siviele Ingenieurswese) Brugbou-kompetisie is 'n opwindende STEM-inisiatief om hoërskoolleerders te inspireer om die wêreld van siviele ingenieurswese te verken. Spanne moet 'n modelbrug ontwerp en te bou met beperkte materiale terwyl werklike ingenieursbeginsels toegepas word. Om die sterkste en mees doeltreffende brug moontlik te bou verg kreatiwiteit, spanwerk, probleemoplossing en 'n praktiese begrip van strukturele kragte. Die voltooide brûe word op 'n gespesialiseerde laaibank getoets, waar leerders kan sien hoe ingenieursbesluite sterkte, stabiliteit en prestasie beïnvloed.
2025 hoogtepunte: 3 spanne het HSH by die SAICE Weskaap provinsiale brugboukompetisie verteenwoordig, waar een span 8ste plek behaal het uit 35 skole wat deelgeneem het.
Die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes is 'n dinamiese platform vir leerders om die wêreld van wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te verken, om werklike uitdagings te ondersoek, kreatiewe oplossings te ontwerp en hul bevindings aan beoordelaars, onderwysers, akademici en nywerheidsleiers te vertoon. Projekte wat op navorsingsmetodes klem lê, dek 'n wye reeks dissiplines insluitend ingenieurswese, rekenaarwetenskap, omgewingsstudies, biomediese wetenskappe, fisika, chemie en sosiale wetenskappe wat elke deelnemer die kans gee om hul eie nis te vind. Dit bevorder nuuskierigheid en bou selfvertroue. Deur mentorskap, werksessies en streeks- en nasionale skoue ontwikkel leerders kritieke vaardighede wat hulle voorberei vir toekomstige loopbane in STEM-velde.
HSH blink uit by die jaarlikse ESKOM Expo en leerders se akademiese veelsydigheid word verder verskerp deur hul deelname aan verskeie aktiwiteite op die gebied van kultuur, olimpiades, redenaars en Eisteddfod.
2025 hoogtepunte: 4 leerders het aan die Weskus Eskom Expo deelgeneem en het 1 goud, 2 silwer & 1 brons medalje verower. Maritza Harmse en Carla Conradie was gekies om die Weskus by die Internasionale Wetenskapskou te verteenwoordig te "Emperor's Palace". Carla Conradie het 'n brons medalje verower by die gesogte internasionale geleentheid.
Lewensoriëntering omvat die studie van die self in verhouding met ander en die gemeenskap.
Dit bekwaam leerders om die eise van die wêreld positief en met verantwoordelikheid te ontmoet.
Dit sluit die studie van grondwetlike regte, verdraagsaamheid, die belangrikheid van diversiteit en respek vir ander in.
LO bevat ook 'n fisiese fiksheidskomponent.
Toerisme is 'n praktiese vak en berei 'n leerling voor vir 'n toekomstige loopbaan in die toerisme- of gasvryheidsbedryf.
Dit dek die verskeie reis-metodes, en van plaaslike Suid-Afrikaanse besienswaardighede tot die Internasionale ikone van die wêreld.
RTT dek hardeware, sagteware, fermware en die netwerke van rekenaarstelsels. Dit sluit in pakette wat algemeen gebruik word (soos MS-Office), en 'n bekendstelling aan rekenaarprogrammering en databasissisteme.
Besigheidstudies neem besigheidsbeginsels, die teorie en praktyk van entrepreneursinisiatiewe, volhoubare ondernemings en ekonomiese groei in ag.
Rekeningkunde fokus op die evaluering van werkverrigtinge, en die verwerking en kommunikasie van finansiële inligting van ekonomiese entiteite, sowel as die samestelling, analise en interpretasie van finansiële state en bestuursverlae. Dit kweek dissipline, etiek en deursigtigheid.
Ingenieursgrafika en -Ontwerp (voorheen Tegniese Tekeninge) bied 'n kommunikasie- en bestuursinstrument wat diegene wat artefakte, geboue en stelsels ontwerp, met diegene wat dit moet bou, verbind. Dit word gebruik om idees vas te vang in die ontwerpfase, wat dan as gids dien in die vervaardigingsfase.
Verbruikerstudie ontwikkel die vermoë om verantwoordelike keuses te maak aangaande kos, klere, behuising, meubels en huishoudelike toerusting. Dit lê klem op die optimale en volhoubare benutting van hulpbronne om algehele menslike welstand te verbeter. Dit sluit die praktiese komponent van huishoudkunde (kook en bak) in.
HSH het 'n sterk musiekbasis. Verken ons musiekskool.