Die toegeweide ondersteuningspersoneel van HSH laat alles operationeel vlot verloop: ons gespesialiseerde ondersteuningspersoneel, administratiewe personeel, koshuispersoneel, terreinpersoneel en skoonmaakpersoneel werk saam.
Hierdie merkwaardige span help om HSH die beste skool aan die Weskus te hou... asook die skoonste, netjieste en goedge-oliede!
As 'n Oud-HSH leerder het sy haarself voorberei om administrasie & skuldinvordering te doen en is sedert 2012 die Finansiële Beampte van HSH, en sedert 2015 van die koshuise.
Sy hou van lees & is deeglik met haar werk.
Esmé Kaufmann is 'n toegewyde ma van twee en werk sedert 2026 by HSH se finansiele kantoor, met vorige ervaring by plaaslike rekenmeestersfirmas. Sy geniet mense en bied 'n warm, samewerkende benadering in haar rol.
Sy geniet die buitelewe, son en water, en om herinneringe saam met haar geliefdes op te bou.
Sy het by Stellenbosch Kollege (sekretarieël) gestudeer & werk nou 17 jaar by HSH.
Sy behartig administrasie, die HSH-skoolklerewinkel en die skoolmuseumpie op haar stil manier.
Vanuit 'n Polisie en Arbeidsdepartement-agtergrond, werk sy al 8 jaar by HSH in Ontvangs.
Sy groet besoekers met 'n vriendelike hulpvaardigheid terwyl sy die Hoof ondersteun.
Barend is al jare by skole betrokke, van jeugwerker, tot leierskapkampe, spanbou-geleenthede, skoolkampe en skoolbemarking. Barend het in 2025 by HSH aangesluit en werk aan bemarking, borgskappe, geleenthede en fondsinsameling.
Hy is 'n natuurlike netwerker and geniet tyd saam met sy familie en in die natuur.
Sy werk in die HSH "RoverStopover" Kafeteria met die leuse "Vandag is die Dag!"
Oorspronklik van Villiersdorp, is sy getroud met 2 seuns wat beide hul hoërskoolloopbaan by HSH voltooi het.
Sy werk in die "RoverStopover" Kafeteria waar die gewone op ongewone manier gedoen word.
Sy is 'n gesoute Hopefielder en haar seun het sy skoolloopbaan by HSH voltooi.
Erna is al 3 jaar lank die HSH bibliotekaresse waas sy haar liefde vir leer en organisasie uitleef. Benewens is sy verantwoordelik vir die versorging van kinders se beserings, dag-tot-dag administrasie, en die bestuur van die RoverStopOver en die sportkafee. Sy hanteer ook alle aanlyn aansoeke vir HSH en is in beheer van die skoolwebtuiste se inhoud.
In haar vrye tyd geniet sy dit om te kook en tyd saam met haar familie en vriende deur te bring.
Janus is HSH se Sportorganiseerder sedert 2026 na hy reeds 20 jaar ervaring hiermee opgedoen het - sy passie. As gekwalifiseerde rugby- en krieketafrigter, rig hy hierdie sportsoorte af (beide op eerste-spanvlak) al vir meer as 20 jaar.
Hy geniet om tyd saam met familie en vriende deur te bring.
Sy beskik oor 'n B. Psych-graad en bied korttermyn beraad, sifting en identifikasie van geestesgesondheidsuitdagings aan HSH se Graad R-12-leerders sedert 2023.
Sy fasiliteer verwysings na ander toepaslike professionele persone vir langtermyn, diepgaande ingryping. Sy bied ook identifikasie, koördinasie en ondersteuning vir leerders met leerhindernisse
Sy geniet tyd saam met familie, vriende en haar kat, Matewis. Sy lees ook graag speurverhale en maak oorbelle van polimeerklei.
Van links na regs: Colin Mentoor, Patricia Joos, Jeremia Julies, Rochelle Smith, Joylene Nero, Jeanette Roos, Josshall Cleophas, Anneline Bester, Malie Louw (HSH-koshuise se Operationele Bestuurder sedert 2020) & Christina Esau.
Koshuiskinders is dankbaar vir hulle!
Van links na regs: Charlton Jooste, Marieta Adams, Alriza Adams, Alida Julies, Cheryl Thomas, Gerhard Erasmus, Lana Theron & Giel Beukes.
Tussen algemene terrein-onderhoud, tuinmaak en om alles so silwerskoon te hou, word hierdie spanlede uiters besig gehou!