Hopefield Hoerskool Maak Staat Op u Geld, Tyd, Vernuf, Materiaal ens.

Hoe om Hoërskool Hopefield te Ondersteun

Gewoonlik dek die Departement van Onderwys slegs 3% van ons bedryfskostes, dus maak die skool staat op broodnodige ondersteuning. Help ons deur middel van borgskappe, skenkings, fondsinsamelings en die gereelde betaal van skoolfooie om die groot tekort aan te vul.

Daarbenewens doen HSH konstant opgradering van onder meer fasiliteite en elektroniese toerusting sodat ons kan volhou met ons uitstekende akademiese opvoeding en prestasie. HSH streef ook voortdurend daarna om die heel beste onderwyspersoneel moontlik aan te stel.

Ons leerlinge gaan na skool 'n moordende wêreld tegemoet en u ondersteuning help om hulle toe te rus vir ons toekoms.

HSH Alumni raak betrokke by leerlinge se opvoeding en ontwikkeling.

Borge, Skenkings en Alumni

Kies 'n metode om HSH te ondersteun, om dit puik te hou:

  • Betaal skoolgeld getrou (of ten minste die Res 1 Bydrae).
  • Skenk geld, kundigheid of arbeid verniet of teen 'n afslag (geen fooi-afslag nie; belastingsertifikaat op aanvraag).
  • Borg van ons sportspanne (u maatskappy-logo op ons sportklere & ons gewilde webwerf).
  • Help met fondsinsamelings: Borg pryse, help met organisasie of woon by.
  • Borg die uniform, skool-, koshuis- of busgeld van 'n behoeftige kind.

HSH is uiters dankbaar vir die ondersteuning van ons skenkers en borge! Ons beste borge (in monetêre waarde, op deurlopende veilingsbasis) wys prominent in die onderste webwerfbanier. Sien ons HSH Borge-lys (PDF).

Die Alumni van HSH ondersteun HSH ook - baie dankie! Is u 'n oud-HSH leerder wat graag nou wil help om 'n nuwe geslag leerlinge se potensiaal te slyp? Laat weet ons!

Dra HSH ondersteunersdrag met trots na ons pret fondsinsamelinsdae

Fondsinsameling & Ondersteunersdrag

Die skool bied verskeie fondsinsamelings deur die jaar: insluitende "Waterkaskenades", Golfdag, Rugby-dag, Vierwielmotorfietse, Mnr & Mej HSH. Deur sulke geleenthede te borg of by te woon, help u HSH baie.

Nog 'n ondersteuningsmetode is om HSH-Ondersteunersdrag aan te skaf. HSH bied aantreklike ondersteunersdrag wat u met trots na sportdae of skool (of enige plek, dis so deftig) kan dra terwyl dit ook blootstelling vir HSH is! Ondersteunersdrag:

  • Mans en Dames "Softshell" Baadjies (Alle groottes)
  • Mans en Dames "Studio" Baadjies (S-L)
  • Unisex Solo Golfhemde (alle groottes)
  • Le Coste pet donkerblou
  • Ondersteunerskussings (by HSH-klerewinkel)
  • Ondersteuners-windbrekers (by HSH-klerewinkel)

Koop by Eldorina in Vredenburg: bestel vanaf Eldorina Pryslys (PDF), betaal & pas aan by hulle; haal af binne 2 weke.

Kan u bydra tot die volhoubare sukses van ons geliefde HSH?

Prestasies & Doelwitte

Die mikpunte is in 2023 behaal:

  • Kragomsetters vir stabiele kragvoorsiening
  • Nuwe speelpark vir Grondslagfase
  • Sport Kafee is omgeskakel na gas
  • Verf van Grondslagfase klaskamers
  • Ons nuwe HSH 5-bus is 'n bate!

Ons belangrikste 2024 doelwitte:

  • Sintetiese gras by die Snoepie
  • Nuwe netbalbane