Hoërskool Hopefield - Weskusskool van Keuse

~ HSH Ontruimingsplan ~

Veiligheid is n belangrike doelwit van Hoerskool Hopefield

Kaart van Skoolgeboue & Nooduitgange

Die veiligheid van ons leerlinge en personeel word ondersteun deur 'n gedetailleerde Hoërskool Hopefield Veiligheidsbeleid en Noodontruimingsplan.

Ons ag die veiligheid van ons skool van uiterste belang, al is ons in n klein en relatief veilige plattelandse dorp.

Nuwe leerlinge word aangeraai om ons Noodontruimingsplan te bestudeer. Dit sal nuwe leerlinge ook help om makliker hul nuwe klaskamers en kleedkamergeriewe te vind.


HSH: Veiligheidsbeleid

Ons Veiligheidsbeleid maak voorsiening vir n veiligheidskomitee wat gereeld vergader.

Dit reguleer veiligheidsverwante aspekte soos waarskuwingstekens, die voorkoming van nalatigheid, besoekers wat by ontvangs moet aanmeld, vrywaring, versekering, padwaardigheid van skoolvervoer en die algemene veiligheid van leerlinge gedurende skooluitstappies.

Die Veiligheidsbeleid omvat die kommunikasienetwerk wat geaktiveer word tydens alle moontlike terreuraanvalle of rampe. Hier volg n verkorte weergawe:

Terreur: Bly waar jy is; sit plat op die vloer; bly stil, kalm en bewus van jou omgewing; reageer vinnig op enige sein vanaf die kantoor (soos interkom of klok).

Ramp: reageer vinnig op enige sein vanaf die kantoor (soos interkom of klok); luister aandagtig na enige instruksies; ingeval van 'n brand, ontruim vinnig na die naaste nooduitgang.