Die HSH-personeelspan bestaan uit 82 werknemers, waarvan om en by 40 onderwysers is.
Ons energieke, hoogs gekwalifiseerde groep van onderwysers spog met ongeveer 650 jaar se onderwysondervinding & 63 grade of nagraadse kwalifikasies - en dit verbeter jaarliks soos verskeie onderwysers steeds verder studeer.
Die personeelspan beeld die bekende HSH familie-gevoel op 'n besonderse manier uit: die meerderheid van ons personeel het self by HSH gematrikuleer, het 'n eggenoot wat ook by HSH werk, het ouers wat by HSH skoolgehou het, of het kinders wat HSH bywoon. Party onderwysers gee al hul lewe lank by HSH klas. 'n Merkwaardige span!
Ons relatief jong leierspan van 7 spog met die indrukwekkende totaal van amper 160 jare se onderwysondervinding!
Jacques het 'n B.Sc (Rekenaarwetenskap en Wiskunde); B.Sc (Hons) in Rekenaarwetenskap; HOD & B.Ed (Hons) plus 25 jaar se onderwysondervinding (10 jaar as Onderhoof).
As 'n Hopefielder en oud-leerling van HSH, lei hy HSH met sy toekomsgerigte visie.
Hy gee Gr 10-12 Wiskunde, rig atletiek en rugby af, wend sy rekenaarvaardighede aan by die skool en is 'n uitstekende seremoniemeester.
HSH-leerlinge waardeer Jacques se toeganklikheid en humor.
Hy het 'n HOD diploma (van ou NPK) en het 30 jaar onderwysondervinding, meestal in Pretoria, was die Weskus hom in 2015 verwelkom het.
Hy gee Gr 6 Natuurwetenskappe en Tegnologie, Gr 7 & 9 Natuurwetenskappe, Gr 8 Tegnologie & EBW.
Hy hou van sport, tuine uitlê, "rustic" houtwerk, visvang en die buitelewe. Hy dra by tot HSH en die breër gemeenskap en het 'n groot hart vir kinders.
Rosa het 'n B.Ed en 11 jaar se onderwysondervinding.
Sy gee Gr 8 Engels, Gr 9 Sosiale Wetenskappe, Gr 8 & 9 Afrikaans Huistaal & rig netbal, Eisteddfod & drama af. Sy koördineer die Mnr & Mej HSH, Interskole "Big Brag" & Geeskom, en die uitvoering van skryf en afrig van Varia.
Rosa geniet netbal en lees, en glo in leerders se individualiteit.
Elna beskik oor 'n B.A., B.Ed en HOD kwalifikasies. Sy kan gerus spog met haar 31 jaar se onderwysondervinding.
Sy gee Engels vir Graad 10-12 en rig atletiek af. Sy is ook die kulturele koördineerder by HSH.
Elna geniet musiek en om te lees. Sy is nie-veroordelend teenoor haar leerlinge en help graag om hul verborge talente na vore te laat kom.
Na Madelein die Vroueleërkollege bygewoon het, het sy 'n HOD (Junior Primêr) en verskeie bykomende kursusse gedoen. Sy hou al 29 jaar lank skool.
Sy is die Graad 2-klasonderwyseres en rig ook netbal en swem af. Sy verleen hulp met sportorganisasie, Eisteddfod en prysuitdelings.
Madelein hou van fietsry, lees en reis. Sy moedig onafhanklike denke en verantwoordelikheid aan.
Nelius het 'n B.Ed (Hons) en 17 jaar se onderwyservaring. Hy is die departementshoof van die Senior Fase.
Hy gee Gr 7 Wiskunde en Sosiale Wetenskappe en Gr 8 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Hy help met die afrig van krieket en rugby.
Hy versamel modeltreine en geniet dit om tegnologie aan te wend as deel van sy onderrigmetode.
Jean het 'n B.Ed graad sowel as 15 jaar se onderwysondervinding by HSH.
Jean gee Gr 9 Natuurwetenskap, Gr 10-12 Wiskunde en Gr 11 LO. Hy rig atletiek en die eerste rugbyspan af en versorg ook HSH se IT.
Hy is 'n Hopefielder, passievol oor wat hy doen en hy bly vir sy leerders toeganklik.
Hermien het 'n B.Com, HOD en 34 jaar se onderwysondervinding.
Sy gee Gr 11-12 Besigheidstudies, Gr 10-12 RTT, Gr 12 Wiskundige Geletterdheid & sy verleen hulp met studieklasse.
Sy geniet haar honde en om te reis. Sy sien elke kind as uniek en probeer om toeganklik en empaties te bly.
As 'n Eko-Teoloog het hy 'n B.A., B.Th, M.Th & is besig met sy PhD in Natuurgeskiedenis. Na 25 jaar as predikant, gee hy nou al 6 jaar skool by HSH.
Hy gee Gr 8-12 Afrikaans (EAT). Hy verskaf klankdienste by geleenthede.
Hy is versot op voëlkyk en fotografie. Hy wil kinders weer na aan die natuur bring en 'n luisterkultuur skep.
Sy het 'n B.Sc, HOD, 'n Honneurs in Skoolbestuur en 16 jaar se onderwysondervinding.
Antonette gee Senior Fisiese en Lewenswetenskappe en sy rig ook tennis af. Sy ondersteun leerders met die Eskom Expo.
Sy geniet die natuur, kunste, haar honde & speel mededingende tennis.
Hy het 'n B.A, 'n NGOS & 7 jaar se onderwysondervinding.
Hy gee Gr 10-12 Lewensvaardighede, Gr 7-10 Lewensoriëntering, Gr 9 Sosiale Wetenskappe & Gr 11 & 12 Aardrykskunde. Hy rig tennis en hokkie af en verrig koshuisdiens.
Hy speel tennis (bestuur die "Tennis Academy"), maak tuin en omhels individuele uitdrukking.
Sy het 'n Diploma in Opleidingsbestuur, Hoër Diploma in Arbeidsreg, B.Ed graad & gee al 20 jaar onderwys.
Sy gee Gr 7 Engels (FAL). Sy rig Pluimbal af en verleen hulp met Golf, Eisteddfod & die studieklas.
Oud-korporatief, kan sy nou stap, lees, & kinders help toepas wat hulle leer.
Anien het 'n HOD en 20 jaar se onderwysondervinding.
Sy gee Gr 9 Afrikaans (Huistaal) & Gr 10-12 Toerisme. Sy help met netbalafrigting, Varia en Eisteddfod.
Anien geniet musiek en die kunste. Sy wil kinders inspireer.
Francois het 'n B. Com, NGOS, B.Ed (Hons) en 7 jaar se onderwysondervinding.
Hy gee Gr 10-12 RTT en rig swem en rugby af.
Hy is 'n swemmer, jagter en byeboer en geniet alles wat organies is. Hy wil toeganklik bly.
Jacomien het 'n HOD en 16 jaar se onderwysondervinding.
Sy gee Gr 7 EBW, Gr 10-12 Besigheidstudies, Gr 10-12 Lewensoriëntering & rig tweekamp af.
Sy geniet sport, die natuur en draf. Deur haar leerders persoonlik te leer ken, kan sy hul potensiaal aanmoedig.
Hy het 'n Hoër Onderwysdiploma (Hout & Metaalwerk) en gee al 23 jaar onderwys.
Hy gee Gr 10-12 IGO, Gr 9 Tegnologie en Gr 12 Lewensoriëntering.
Hy het in 2020 gelei gevoel om by HSH aan te sluit.
Sy het 'n B.Ed & 6 jaar se onderwysondervinding.
Sy gee Gr 9-12 Afrikaans Huistaal & rig ook hokkie af.
Haar passie vir akademie, dokumentêre programme & sport word aan leerders oorgedra - tesame met goeie werksetiek.
Hy het 'n B.Ed (Hons) & 9 jaar se onderwyservaring.
Hy gee Gr 9 Wiskunde en Gr 10-12 Wiskundige Geletterdheid. Hy rig hekkies, hokkie en Eisteddfod af en is betrokke by Varia.
Hy geniet lees en klassieke musiek. Hy staan stereotipering en boelies teen en bemoedig verdraagsaamheid.
Sy het 'n NOS, BTech, 'n BRek (Hons) en is geregistreer as 'n CA (SA). Oud-korporatief, gee sy al 6 jaar onderwys.
Sy gee Gr 10-12 Rekeningkunde, Gr 11-12 Wiskundige Geletterdheid en Gr 9 EBW.
As 'n voormalige WP-netbalspeler, rig sy die 0/16 spanne af. Sy bied ook avontuurkampe vir kinders.
Sy het 'n HED (tale) & 27 jaar se onderwysondervinding (4 jaar in 'n Spesiale Onderwys-behoeftes privaatpraktyk).
She gee Gr 8&9 Engels (HT), Gr 11&12 Engels (EAT). Sy is hoofleier by "Chill" Groep en verleen hulp by Eisteddfod & Openbare Praatjies.
Sy is lief vir bak, stap, lees, drama & lekker lag.
Roné beskik oor 'n BA (Hons) in Sportwetenskap en 'n NGOS, en gee al ? jaar onderwys.
Sy gee Gr 7 Sosiale Wetenskappe & Gr 7-11 Lewensoriëntering. Sy rig netbal af en is ook deel van die HSH-netbalkoordinasiespan.
Roné het 'n passie vir netbal en sport in die algemeen. Sy bly self fiks deur fiets te ry en te draf.
Sy het 'n graad in die Regte en Sielkunde en 'n NGOS, en gee al 18 jaar onderwys.
Sy gee Gr 6&8 Engels, & Gr 10 Engels (EAT). Sy was by 'n vorige skool die vakhoof vir Engels Eerste Addisionele Taal.
Sy het 'n B. Ed. graad en 17 jaar se onderwysondervinding.
Sy gee Gr 9 Lewensoriëntering, Gr 7&9 Skeppende Kunste & Gr 7 Tegnologie. Sy rig atletiek en netbal af.
Self 'n Hopefielder, sy is lief vir sport, reis en kreatiewe tuis-aktiwiteite.
Sy het ATCL ("Associate of Trinity College London") & LTCL ("Licentiate of Rockschool Music") & 19 jaar onderwyservaring.
Sy gee Gr 6-8 Afrikaans, Gr 7 Engels & Gr 10 Lewensoriëntering. Sy ondersteun Varia & rig o/14B & o/15B netbal af.
Self 'n oud-HSH-leerder (Gr R-12), werk sy nou saam met oud-legende onderwysers.
Ben het 53 jaar onderwysondervinding (by HSH sedert 1980), 'n Onderwysdiploma (Musiek) & 'n HOD (Wiskunde & Opvoedkunde). As 'n begaafde musikant, het hy 'n WKOD Meriete-toekenning & Weermag-medalje vir sy werk met kadetorkeste.
Hy gee Gr 8-9 Wiskunde.
Hy bou modelle, hou van honde & die oordrag van sy Wiskunde-passie.
Sy het 'n B.Ed (Verbruikerstudie) & 11 jaar se onderwysondervinding.
Sy gee Gr 10-12 Verbruikersstudie, Gr 8 Natuurwetenskap & help met die sportkafee en studieklas.
Sy geniet dit om te bak, stap, fiets te ry, naaldwerk te doen & onderwys te gee uit die oogpunt van 'n ouer.
Oud-HSH-skolier, met 7 jaar se ondervinding.
Hy gee Gr 11 LO, Gr 8 Sosiale Wetenskappe, Gr 8 & 9 Tegnologie & rig rugby, sokker & atletiek af.
Hy ondersteun graag die koshuisseuns.
'n Oud-HSH leerder met 4 jaar se ondervinding.
Hy gee Gr 8-9 EBW, Gr 10 Besigheidstudie & Gr 10 Wiskunde Geletterdheid. Hy rig rugby, hokkie & krieket af op 'n interaktiewe manier.
Sy het 'n B.A., HOD & 23 jaar se onderwysondervinding.
Sy is 'n Gr 5-klasonderwyser en gee Gr 6 Sosiale Wetenskappe & Kuns.Sy verleen hulp met Eisteddfod, redenaars en die algemene kenniskompetisie.
Bernie geniet tuinmaak, lees en sy moedig vasbyt & self-aanvaarding aan by leerders.
Sy het 'n B.Ed (Primêr), HOD (remediërend), 'n Diploma in Spesiale Onderwysbehoeftes en Gestremdheid & hou al 23 jaar skool.
Sy is die Gr 4-klasonderwyser en rig ook netbal en atletiek af. Sy verleen hulp met Eisteddfod, Debat & die Laerskool VRL.
Sy geniet die buitelewe, fotografie & die ontwikkeling van die wat swaarkry.
Sy het 'n B.A. (Hons) in Sielkunde & Kinderontwikkeling, 'n HOD (Grondslagfase) & 20 jaar se onderwysondervinding.
Sy is die Graad R-klasonderwyseres en rig swem en netbal af.
Sy geniet oopwater-swem, tuinmaak, padwedlope en om al die fasette van die Graad R-kind te ontwikkel.
Sy het 'n B.Ed (Intermediêre & Senior) & 18 jaar se onderwysondervinding.
Sy gee Gr 7 Afrikaans Huistaal, Gr 11 LO, Gr 5, 6 & 8 Wiskunde & help met afrigting van hokkie & atletiek.
Sy geniet bak, familietyd, hokkie speel, Crossfit & 'Park runs'. Haar lewenslustige uitkyk inspireer leerders.
Sy het 'n B.Ed (Grondslagfase) & 15 jaar se onderwysondervinding.
Sy is die Gr 3-klasonderwyseres en verleen ook hulp by die sportkafee.
Sy bly op een van die oudste Hopefield plase en sy is versot op lees & om te luister.
Sy het 'n B.Ed (Grondslagfase) & 13 jaar se onderwysondervinding.
Sy is die Gr 1-klasonderwyseres en rig ook die o/16A meisieshokkiespan af.
Sy hou van die natuur, stap & benader alle leerlinge dieselfde.
Sy het VKO Vlak 4, Gebaretaal gedoen, 'n Graad R-diploma & 9 jaar se ondervinding.
Sy is die Gr R-klas assistent & bied leerders haar eindelose geduld.
Sy is besig met haar B.Ed graad & het 6 jaar se ondervinding.
She is die Gr 1 klasassistent & geniet haar tyd met jong kindertjies.
'n Oud-HSH leerder met 2 jaar se ondervinding, studeer sy tans vir 'n BA-graad.
Sy is 'n Gr 3 klasassistent & HSH-bloed pomp trots in haar are.
'n Oud-HSH leerder met 5 jaar ondervinding, sy studeer Besigheidsbestuur.
Sy gee Gr 4-9 LO, Gr 4 Kuns & Kultuur, rig netbal en tennis af, en geniet dit om met kinders te werk.
'n Oud-HSH leerder met 1 jaar se ondervinding.
Hy is 'n klas-assistent vir twee Hoërskool-onderwysers en rig rugby af. Hy is ook die skool se DJ by sokkies.
'n Oud-HSH leerder met 1 jaar se ondervinding.
Hy is 'n klas-assistent vir 'n Hoërskool-onderwyser en rig rugby & krieket af en speel beide ook self.
Sy het 'n N3, het Kindergesondheid gestudeer & het 1 jaar se ondervinding.
Sy is die Gr 2 klas-assistent en verryk kinders graag. Sy is die trotse ouer van 'n HSH-leerder.
'n Oud-HSH leerder met 2 jaar se ondervinding by HSH.
Hy is 'n klas-assistent vir 'n hoërskool-onderwyser & rig rugby af (speel ook self).
Hy is 'n oud-HSH leerder want tans vir 'n B.Ed graad studeer. Sy onderwysondervinding het in 2024 afgeskop.
O'Niell is 'n hoërskoolklas-assistent & rig rugby en krieket af by die skool.
Sy is 'n oud-HSH leerder want tans vir 'n B.Ed graad studeer. Haar onderwysondervinding het in 2024 afgeskop.
Hanlie is die Gr 2 klas-assistent en rig netbal af by die skool. HSH is in haar bloed.
Skye is 'n klas-assistent en rig hoërskoolnetbal af. Sy is ook betrokke by die atletieknaellopers. Haar onderwysondervinding het in ? afgeskop.
Sy is passievol om kinders in beide akademie sowel as sport te sien ontwikkel.