HSH - 'n beheerliggaam wat help om Hopefield die beste Hoerskool aan die Weskus te maak.

Hoërskool Hopefield se Beheerliggaam

Die Beheerliggaam se verantwoordelikheid is om saam met die skoolbestuur te verseker dat goeie kwaliteit opvoeding gehandhaaf word.

Die skoolhoof is verantwoordelik vir die daaglikse bestuur; die Beheerliggam besluit op die skool se strategie, doelwitte en beleide. Die Beheerliggaam moet ook 'n duidelike visie en etos bepaal. Hulle hou die skoolhoof aanspreeklik vir die skool se onderwysresultate, leerlinge se welstand en die deurlopende prestasiebestuur van onderwyspersoneel. Die Beheerliggaam se finansiële toesigrol verseker dat fondse toepaslik aangewend word.

Hierdie rol is uiters belangrik; 'n Beheerliggam is 'n kritiese suksesfaktor in die toekoms van 'n skool. HSH get gelukkig 'n hoogs gekwalifiseerde, ervare en toegewyde span van leerlingouers uit die Weskusgebied op ons Beheerliggaam.

Hopefield Hoërskool Lid van die Beheerliggaam - Voorsitter van die beheerliggaam

Voorsitter (ook van Finansiële Komitee) - Gideon Dixon

Gideon is werksaam as Algemene Bestuurder en vennoot by Westarcor, 'n ingenieursmaatskapy in Saldanha.

Die familie het 'n lang en trotse verbintenis met HSH en hulle het baie waardering vir die uitsonderlike ontwikkeling van HSH oor die dekades. Gideon se vrou is self 'n HSH-oudskolier en Gideon is al 10 jaar lank by skoolbeheerliggame betrokke. Hy het reeds baie geleer van skool-bestuur en -administrasie, skole-wette en die prosesse van die WKOD / DBO.

Met hierdie ondervinding, sy bestuursvernuf en professionele netwerk, dien Gideon HSH met passie.

Mr J le Roux - Hopefield School Governing Body

Ondervoorsitter - Johan le Roux

Johan is 'n sake-ontwikkelingsbestuurder met 'n rekeninkunde-agtergrond. Hy beskik oor 'n BCom (Bestuursrekeningkunde) en 'n MBA. Hy werk in 'n senior posisie by SPH Kundalila - 'n plaaslike maatskappy wat ook 'n lojale HSH ondersteuner is.

Tesame met sy vrou en drie kinders (almal HSH-leerders), bly hy op 'n wildsplaas buite Hopefield waar hulle die natuur en volhoubare boerdery ten volle ondersteun. Johan geniet sport, jag, visvang, gholf en om 'n vuurtjie aan te steek.

Hopefield Hoërskool Beheerliggaamlid - J Schreuder >

Jurgens Schreuder - Koshuisportefeulje & Waarnemende Onderhoof

Jurgens het sy HOD-diploma voltooi aan die ou NKP en is reeds dekades in die onderwys.

Hy is baie lief vir sport en hou ook baie van tuine uitlê, "rustic" houtwerk doen, visvang en die buitelewe.

Hy wil graag 'n waardevolle bydrae tot HSH en die breër gemeenskap lewer; hy het 'n baie groot hart vir kinders.

Hopefield Hoërskool onderhoof & een van die lede van die HSH Beheerliggaam - Jacques Rossouw

Jacques Rossouw - Waarnemende Hoof

Jacques spog met 'n B.Sc (Rekenaarwetenskap en Wiskunde); B.Sc (Hons) in Rekenaarwetenskap; HOD & B.Ed (Hons) plus dekades se onderwysondervinding waarvan hy al 10 jaar as Onderhoof, en nou as Waarnemende Hoof, dien. Hy bied 'n unieke stel vaardighede aan HSH.

Sy agtergrond as oud-leerling van HSH, help hom om die skool te help lei met 'n toekomsgerigte visie.

Jacques gee Wiskunde vir Graad 8-12 klasse en hy rig atletiek en rugby af. Sy rekenaarvaardighede word ook goed aangewend by die skool en hy is 'n uitstekende seremoniemeester.

Hy is a toegewyde gesinsman wat in Hopefield bly.

Leerders waardeer Jacques se toeganklikheid & humor.

Hopefield Hoërskool lede van die beheerliggaam van hsh - J Rossouw

Jean Rossouw - Departementshoof

Jean is al vir 15 jaar 'n opvoeder by HSH. Hy was self ook 'n leerder van Hoërskool Hopefield vanaf Graad R-12, is absoluut lojaal teenoor HSH en gee net die beste vir sy skool.

Hy is verantwoordelik vir Graad 10-12 Wiskunde en Graad 9 Natuurwetenskappe by die skool. Jean is ook die vakhoof vir Wiskunde en Natuurwetenskappe. Hy is baie betrokke by die handhawing van dissipline en netheid in die skool. Buite die klaskamer is hy die afrigter van die skool se o/19A rugbyspan en rig ook atletiek af. Hy is ook verantwoordelik vir die skool se IT.

Sy belangstellings sluit rugby en die voortuitgang van sy skool in. Hy is baie lief vir kinders en glo in die holistiese ontwikkeling van leerders en spelers sodat hulle die nodige vaardighede en regte gesindheid het om die grootmenslewe aan te pak.

Hopefield Hoërskool lede van die beheerliggaam van HSH - O Slabber

Olivier Slabber

Olivier is 'n boer van Hopefield (5de geslag!) en hy is diep gewortel in die gemeenskap en is aktief betrokke om 'n positiewe verskil te kan maak.

Hy is 'n oudleerder van HSH en was vanaf graad 1 in Huis Walters. Hy het in Boland Landbouskool gematrikuleer en daarna sy studies aan Elsenburg Landboukollege voltooi.

Hy is getroud met Melané en hulle het drie energieke en dierbare kinders. Hy is lief vir sport, veral rugby, asook vir visvang, kampeer, jag en geniet graag tyd saam met familie en vriende rondom die vuur.

Hy hoop om 'n betekenisvolle en volhoubare bydrae tot die verdere groei en sukses van Hoërskool Hopefield te kan lewer.

Hopefield Hoërskool - een van die lede van die HSH Beheerliggaam - B Jordaan

Barend Jordaan

Barend is al jare by skole betrokke, van jeugwerker, tot leierskapkampe, spanbou-geleenthede, skoolkampe en skoolbemarking. Barend het in 2025 by HSH aangesluit en werk aan bemarking, borgskappe, geleenthede en fondsinsameling.

Hy is 'n natuurlike netwerker and geniet tyd saam met sy familie en in die natuur.

Hopefield Hoërskool lede van die beheerliggaam van HSH - R Cruywagen

Rosa Cruywagen

Rosa het 'n B.Ed en 10 jaar se onderwysondervinding.

Sy is verantwoordelik vir sosiale en kultuuraktiwiteite by die skool wat insluit: Meneer en Mejuffrou HSH, Interskole en Big Brag, HSH’s Got Talent, Varia, Eisteddfod en Aandskool. Sy is in beheer van die laerskool VRL. Sy gee Afrikaans, Engels, Geografie en SW. Buite die klaskamer behartig sy die dramaklub en rig netbal af.

Sy glo dat almal uniek is en dis baie belangrik dat almal verteenwoordig moet word, dus is sy bly om die damespersoneel en dogters op die SBL te verteenwoordig.

L Pretorius - HSH Fondsinsameling

Liza Pretorius

As 'n Oud-HSH leerder het sy haarself voorberei om administrasie & skuldinvordering te doen en is sedert 2012 die Finansiële Beampte van HSH, en sedert 2015 van die koshuise.

Sy hou van lees & is deeglik met haar werk.

Hopefield Hoërskool lede van die beheerliggaam van HSH - A Hanekom

Sekretaresse - Arina Hanekom

Arina het haar hele skoolloopbaan by HSH deurgebring en was 'n koshuisganger te Huis Eureka. Sy het in 1988 gematrikuleer. Sy beskik oor 'n Diploma in Openbare Betrekkinge.

Arina het by die Nasionale Weermag begin as 'n lid van Militêre Intelligensie in Pretoria, waarna sy die Kommunikasie en Openbare Betrekkinge Offisier te die Militêre Akademie in Saldanha geword het. Hierna het sy as konferensiebestuurder in 'n Weskus Gastehuis gewerk voordat sy nasionale promosies bestuur het by 'n Geleentheids-maatskappy.

Haar seun is in Gr 11. Sy lees, kook en bak graag.

E de Vries - Lid van HSH beheerliggaam

Elricka de Vries

Elricka se lewe het in Johannesburg begin en 'n draai gegooi deur Empangeni waar sy gematrikuleer het voor sy gaan voete stamp het by SALVKOL op George. Hierna het sy onderwys aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer, vir 3 jaar in Brittanje onderwyservaring opgedoen en toe haar Meestersgraad in Opvoedkundige Sielkunde voltooi om te kwalifiseer as sielkundige.

Sy werk sedert 2014 as Opvoedkundige Sielkundige in die Weskus en werk tans voltyds vir die WKOD.

V Schnetler - Lid van HSH beheerliggaam

VJ Schnetler

VJ het grootgeword in Oudtshoorn as een van 5 kinders. Hy het direk na skool by sy Pa se Konstruksiebesigheid aangesluit en is nou al 30 jaar in die bedryf. Hy is getroud met Aletta en hy is die trotse pa van twee dogters: Tracy en Izabella.

VJ het in 2024 deel geraak van HSH en glo daaraan dat as jy n opinie wil hê moet jy betrokke raak. Hy hoop om n verskil te maak sy boubedryfkennis te gebruik tot voordeel van die skool en die leerders.

Hopefield Hoërskool lede van die beheerliggaam van HSH - A Daniels

Avril Daniels

Avril Daniels is 'n afgetrede Hoof-Onderwyskundige met meer as 34 jaar se ervaring. Hy het vir 11 jaar as prinsipaal van 'n groot laerskool gedien en het daarna die laaste dekade van sy loopbaan as Kringbestuurder in die WKOD voltooi, verantwoordelik vir meer as 28 skole in die Weskusgebied. Sy kennis en ervaring in skoolleierskap, bestuur en beheer maak hom 'n waardevolle lid van die Beheerliggaam.

Avril is getroud met Gaynore, met drie dogters, waarvan die jongste tans 'n leerder by HSH is, so wel as drie kleinkinders. Benewens dien hy ook op die Kerkraad. Hy is 'n gekwalifiseerde kabinetmaker met 'n besondere liefde en vaardigheid in houtwerk. In sy vrye tyd geniet hy tuinmaak, visvang en gholf.