Ons leerlinge se netjiese voorkoms is 'n bron van trots vir ons hier by HSH.
Skooldrag kan aangekoop word by Hopefield Hoërskool se Klerewinkel. Sommige items is beskikbaar by De Jagers (baadjies), Pep Stores & Woolworths (wit sokkies en hemde, grys broeke, oefen-kortbroeke, ens.)
Die skoolwinkel aanvaar ook goedopgepaste tweedehandse skoolklere vir ons klerebank.
Sien gerus ons volledige HSH Skooldragreëls in Aanhangsel A (PDF). Dit bevat inligting oor HSH se skooldrag, korrekte sportdrag en reëls aangaande hare, skooltasse en -sakke en juweliersware. Ons hou van outydse netheid!
HSH se top sportspanne word soms geborg deur ons wonderlike borge en drag mag dus van jaar tot jaar verander. Dit bied 'n wonderlike geleentheid vir besighede om uitstekende blootstelling te bekom!
Leerlinge kan voor skool of gedurende pouses skoolklere kom aanpas en aankoop. Ouers kan gedurende skoolure kom, alhoewel ons aanbeveel dat u ons voor die tyd skakel om seker te maak dat die winkelassistent wel op die dag beskikbaar sal wees.
Laai gerus die jongste Skooldrag Pryslys (PDF) van ons skoolwinkel hier af.